WP Renault Klub Bring & Braai

WP Renault Klub het 'n bring en braai dag gehad op Sondag, 31 Julie 2011. Dit was 'n heerlike wintersdag in die Kaap en baie lede het na die klubhuis gekom vir 'n lekker middag braai.

Almal het hull self vinnig tuisgemaak om die tafels buite en die vure was gou aan die brand. Daar was lekker kos, goeie geselskap en baie gelag.

Na 'n lekker middag se kuier het almal met ‘n glimlag op die gesigte teruggekeer huis toe, tot 'n volgende keer.