Ons (WP Renault Klub, Peugeot Klub en Citroën Klub) het by Butterfly World bymekaar gekom en in konvooi Franschhoek toe gery.

Soos gewoonlik was die dorp en omgewing weer mooi opgemaak in rooi, wit en blou. Ons het in 'n oop stuk veld oorkant die museum en Vrouemonument geparkeer en vandaar gestap deur die dorp.

Die weer het ongelukkig nie saamgewerk nie en dit het begin reën terwyl ons ontbyt gekoop het. Ons het gehardloop, en van ons het geloop, na 'n resturant om voor 'n warm vuur te sit en droog te word.

Van hier het ons terug beweeg na die motors en besluit om terug te ry Kaap toe, maar nie totdat ons gou 'n koffietjie gedrink het uit Liefie se motor se kattebak nie.

Dit was 'n lekker dag saam en ons sal volgende jaar weer so maak.