Ons het by Joostenberg vlakte 1stop bymekaargekom op 'n koue en nat Sondag oggend. Nie veel lede het opgedaag nie, dink die ander was slim en het in die bed gebly, maar daar was 'n paar brawe lede. Een lid het darem ten minste in 'n Renault opgedaag (classic Renault).

Ons het van daar gery na die Taalmonument in Paarl. Daar aangekom het ons 'n lekker koppie koffie gedrink, voordat ons opgestap het na die monument toe. Ons het ook 'n baie vriendelike dametjie ontmoet wat ons meer inligting gegee het oor die monument. Dit was regtig lekker om weer 'n draai by die monument te maak.

Daarna het ons na die Paarl inkopie sentrum toe gegaan vir middagete. Ons het baie lekker gekuier en geëet, waarna ons terug gery het Kaap toe.