NG Kerk Uitsig Bellville Bazaar

Dit is lentedag en 11 Renaults staan uit soos lentebloeisels in die kerk se parkeerterrein. Daar het altesaam 23 motors opgedaag vir die bazaar – Ford, VW, Flamingo, Borgward ens.

Ds Theo Swart was baie in sy skik met die opkoms asook die bydrae wat ons gelewer het om die biertuin so mooi te ondersteun. LOL!

Dit is baie opvallend hoe baie mense na die Renaults kom kyk, voor hulle na die ander motors gaan kyk. Mens hoor hoe Pa's vir hulle kinders dinge se soos “dit was my eerste motor” of “ek en jou Ma het ook so kar gehad” ens. ens.

Na die verigtinge het Ds Swart 'n paar pryse oorhandig aan 'n paar van die trotse einaars van die motors wat uitgestal was.

Dit was ook 'n sombere dag, want na die bazaar het 'n paar lede die begrafnis diens van Alp Slabbert, 'n kranige Renault entoesias, bygewoon. Die familie het die opkoms baie waardeer, want die Renaults het almal bymekaar parkeer by die kerk.

Renault groete