Die fees is vir die eerste keer deur die NGK Paarl-suid aangebied, en sal nou 'n jaarlikse Instelling word. Daar was n' groot verskeidenheid stalletjies van alles te ete en te drinke. In die groot tent was daar heeldag vermaak en musiek aangebied, deur van ons beste Afrikaanse kunstenaars.

Dit was n' baie warm dag en ons het maar lafenis in die tent gaan soek. Verskeie Motorklubs het van hul beste motors daar uitgestal, waarvan die Renaults 'n groot deel uitgemaak het.

Die “Showstopper” was weer Dawie se hoenderhok 4CV en sy 4CV. Dawie was nie baie beindruk toe n' vet tannie bo-op die bonnet van die hoenderhok kom plaasneem het om n' foto te laat neem nie, die gevolge was n' ingeduikste bonnet. Ons staanplek was onder die groot dennebome en omtrent alle modelle van die Renaults was Verteenwoordig.

RENAULT GROETE

Liefie