Langebaan Fees

Ons was weer vir die 2de jaar uitgenooi na die Langebaan Fees. Daar was in totaal ses Renaults wat uitgestal het.

Ons Renaults het weereens baie aandag getrek en lekker geselsies uitgelok.

Ons het die twee dae van die fees die beste staanplekke gehad, reg voor die restaurante waar ons lekker gesit en kuier het. Daar was lekker musiek en vermaak, die dames het lekker inkopies by die stalletjies gedoen.

Gelukkig het die weer saamgespeel en dit was n' lekker naweek saam met goeie Renault vriende.

Groete

Liefie