Op 'n reënerige oggend vertrek ons en ons gades vanaf Stikland, oppas na Hermanus.

In Somerset-Wes was daar 'n verkeersopeenhoping wat ons meer as 'n half uur vertraag het, a.g.v 'n foutiewe verkeerslig. Gelukkig het ons nogsteeds betyds by die feesgronde aangekom vir registrasie. Die weer in Hermanus was lieflik, afgesien van die beroemde briesie wat gewaaihet. Die opkoms van die verskillende klasse motors was goed gewees.

Aangesien die Walvisfees ook aangebreid was op die dorp, was daar hierdie jaar nie so baie uitstallings op die gronde soos vroeër jare nie, maar daar was wel genoeg eetstalletjes.

Later in die dag was daar 'n optog van al die motors deur die dorp se strate en kusweg langs. Daar was ongelooflik baie toeskouers langs die roete en soos gewoonlik het die Renaults die koppe laat draai. Dawie se 4CV het weereens die volgende reaksie gehad: "Aaww, look at that beautiful Morris"

Na 'n heerlike dag in Hermanus, het ons veilig teruggery Kaap toe.