Die Renaultklub is deur die lugmagmuseum uitgenooi om 'n seminaar oor die "Bloodhound SCC" by te woon by Ysterplaat Lugmagbasis. Dit is 'n "Jet engine" aangedrewe voertuig waarmee 'n nuwe landspoedrekord volgende jaar Oktober opgesteld gaan word in S.A.

Van ons lede was baie nuuskierig en Hennie Mostert, Heini, Liefie, Harry en Dawie het besluit om dit by te woon. Die byeenkoms was baie goed georganiseerd en die Silwer Falke het ook vir die toeskouers 'n vertoning gelewer.

Die legendaries, 80 jarige, Koos Swanepoel was ook teenwoordig met sy 1000cc Ford Anglia, wat in die '70 'n bedreiging vir die Renault's was. Die 1000cc Anglia en die 1100 Gordini's was altyd in kompetiesie.

Dit was 'n baie interesante en suksesvolle dag wat deur almal geniet was. Die hardebaardmanne wat volgende jaar kans sien om die woestyn te trotseer, is welkom om die landspoedrekord geleentheid by te woon in Haksteen pan.