Eaglesvlei middagete
Op Sondag 13 Maart 2016 het ons vertrek vanaf Soneike in Kuilsrivier, na Eaglesvlei wynlandgoed vir middagete.
Dit was n lieflike dag en ons het in gelid gery deur die pragtige Bolandse wynroete.
Daar was baie reaksie van die publiek agv n goeie opkoms van al die klublede met hulle Renaults.
Die reelings was getref deur Rikki en dit was n baie lekker uitstappie met lekker kos en goeie geselskap met goeie vriende.