Op Sondag 13 Maart 2016 het ons vertrek vanaf Soneike in Kuilsrivier, na Eaglesvlei wynlandgoed vir middagete.

Dit was n lieflike dag en ons het in gelid gery deur die pragtige Bolandse wynroete.

Daar was baie reaksie van die publiek agv n goeie opkoms van al die klublede met hulle Renaults.

Die reelings was getref deur Rikki en dit was n baie lekker uitstappie met lekker kos en goeie geselskap met goeie vriende.

Die Toekafees word jaarliks gehou vir Fondsinsameling vir die Hervormde Kerk Bellville.

Die klub word elke jaar uitgenooi en geniet dit baie. Altesaam 9 Renault het die klub vertegenwoordig.

Die dag was baie aangenaam en daar was baie te ete en drinken. 'n Goeie gees was aan die orde van die dag.

Die klub was uitgenooi na Killarney om twee ere rondtes met die Renaults te doen teen n slakkepas.

Dit was gehou ter nagedagtenis aan die jare lange kommentator, wat oorlede is. Hy was Voorsitter van die Kaapse Renault Klub. Hy was self in besit van n Dauphine en dit baie waardeer dat daar n paar Renaults en onder andere 2 Dauphines teenwoordig was.

I have been living in CT for the past 8 years, but i have never driven the Du Toit's kloof pass from Paarl to Worcester. So when the club said we should go for lunch in Rawsonville and that we are going to take the pass, i said: "We are in"

We left late Sunday morning and leisurely drove on the N1 toward Worcester. It was a lovely sunny day and the view over the pass was absolutely beautiful. I am so glad i eventually got to do it.

We arrived at the restaurant and was greeted by lovely big old tree's to sit under. It was hot, so in good old fashion, we had a beer to cool down. We all had a lovely lunch and a good laugh or two with friends.

On our way back, we stopped on the pass to take a look at the view of Paarl in the distance and low and behold, Kees was also sitting there, admiring the beautiful view.

Dit was ons eerste bywoning en wat 'n fantastiese fees! Ons moet defnitief volgende jaar weer die fees bewoon in groter getalle.

Liefie en Bonita het alreeds die Vrydag deurgekom om 'n vertoning van Andries Vermeulen in die vermaaklikheidstent by te woon. Harry, Elzetna, Dawie en Annaline het vroeg Saterdagoggend in die pad geval om by hul aan te sluit. Met aankoms by die feesgronde, het elke motor 'n KFC geskenksakkie ontvang.

Daar was ook heelwat ander motors van die verskeie motorklubs en Liefie was sommer daar en dan opgekommandeer om die uitleg van die veld te doen en te sorg dat almal op hul regte plek staan. Wat 'n pragtige gesig was dit nie, toe al die motors in 'n perdeskoen geparkeer was. Ons klub was verteenwoordig deur 3 motors.

Die feestelikheid het begin met 'n optog van trompoppies, trekkers en perde buite in die straat wat op die feesterein geeindig het. Die program was propvol met vertonings van die Witzenberg rieldansers, Volkspelers, toutrek spanne, sweepklap span en die Brandweer om toeskouers te vermaak. Daar was ook vele interesante stalletjes wat nie by ander skoue te siene is nie. Daar was ook baie kosstalletjies om van te kies en te keur, met heelwat swartpotte wat op vure geprut het. Later was 'n potjiekoskompetiesie gehou wat deur Martelize Brink beoordeel was.

Herman Lensing het in die vermaaklikheidstent 'n kosdemonstrasie gehou en die groep, Bottomless Coffee ,het vir die musiek en sang gesorg. Daar was ook 'n opelug kroeg met lewendige optredes die hele dag. Rugbyaanhangers kon ook die wedstryde op 'n grootskerm kyk.

Harry het 'n aanbod van 250k vir sy Gordini gekry, maar na 'n gekopkrap, het hy en Elzetna dit van die hand gewys. Dawie se 4CV het met die prys vir "For The Cutest Car" weggestap. Na die Fees het ons by die Hamlett lodge oornag.

Die volgende oggend het ons en van die ander klubs se lede na Basil Wesson se versameling van oor die 100 ou motors in Ceres gaan kyk.

Oppad van Ceres na Wolsley,, het ons in die bergpas rookwolke gesien en dadelik besef dat dit 'n stoomtrein is. Dit was 'n toetslopie van die lokomotief, wat die roete na Ceres sal doen, waneer dit weer oopgestel word volgende jaar. Wat 'n fantastiese ervaring om die "awesome" naweek mee af te sluit.

Hoop om almal volgende jaar daar te sien.